28 Des 2025

Rut 3:8-18

Rut lê by Boas se voete na die aand se fees.
Sy kruip stilletjies in en hy kom dit eers in die middel van die nag agter.
Deur by sy voete in te kruip wys sy dat sy haar aan hom onderwerp en daarom vra sy ook of hy as Losser met haar sal trou.
Hy moes reeds hieraan gedink het want hy antwoord dat daar nog 'n Losser voor hom is met wie hy eers moes gaan praat (integriteit).
Hy beskerm haar haar egter verder die nag en gee boonop nog genoeg kos saam vir haar en Naomi huis toe.
Boas en Naomi stel vir Rut gerus en moedig haar aan om geduldig te wees.

Here partymaal doen ons alles wat ons kan van ons kant af en dan moet ons net geduldig wees en kyk hoe U sake laat uitwerk!
Help ons asb hiermee!
U is ons Troue Versorger!

Archive

 2025