26 Des 2025

Job 31:13-40

Job probeer 'n laaste keer sy eie onskuld en ook sy regstaan met die Here verduidelik!
Hy was iemand wat gehelp het, armes kos, klere en verblyf gegee het; sy werkers goed versorg het; nie afgodery gepleeg het of moord of skelm besigheids transaksies nie!
Nee hy was eerlik en opreg en kon openlik bely as hy verkeerd gedoen het.
Maar hy het nie mense gevrees nie meer die Here.

Job klink soos 'n Nuwe testamentiese gelowige in die Ou Testament.
Sy "vriende" verstaan nie sy verhouding met die Here nie hulle perspektief bly godsdiens!

Here met U in verhouding is dit nie 'n goeie werke ruil vir genade transaksie nie: dit is godsdiens!
Nee U gee ons Genade onverdiend!
En daarom doen ons alles wat ons kan om U Naam te verheerlik!
U is die Een wat sien!

Archive

 2025