25 Des 2025

Johannes 19:1-16

Pilatus laat Jesus gesel.
Die soldate het hom bespot en 'n doringkroon op Sy kop gedruk. Pilatus het egter verklaar dat hy geen skuld in Jesus vind nie. Hy het sy hande in onskuld voor hulle gewas om dit te bevestig. Hy het steeds probeer om Jesus vry te laat, maar dreigemente van die Jode het hom daarteen laat besluit. Hy het toe op hulle besluit, Jesus aan hulle oorgelewer om gekruisig te word.

Jesus, ons sal nooit begryp waardeur U moes gaan sodat ons van sonde verlos kon word nie. Van U geboorte, tot die uitlewering om gekruisig te word het U gekies om sonde in ons plek te word. Dankie Here.

U is ons Losser
U koop ons vry!

Archive

 2025