23 Des 2025

Johannes18:28-40

Jesus verskyn voor Pilatus, die Romeinse Goewerneur). Uit sy ondersoek probeer hy Jesus vrylaat, want dit blyk dat hy oortuig was Jesus was onskuldig aan die Joodse beskuldigings. Jesus openbaar Homself as Die Koning, maar nie van 'n Koninkryk hier op aarde nie.

Pilatus slaag nie daarin om Jesus se 'straf' ligter te maak nie en maak die voorstel dat hy iemand kan vrylaat soos die Paasfees gebruik was. Die Joodse nasie kies om Barabbas vry te laat en Jesus te laat kruisig.

Jesus, dankie dat U steeds gekies het om te sterf vir elkeen wat U verloën, valslik beskuldig en teen U waarheid te kies.

U is ons Koning van alle konings
U is Die Waarheid.

Archive

 2025