22 Des 2025

Rut 3:1-5

Naomi besef dat Rut nog lank het om te lewe en dat sou Naomi sterwe, sou Rut op haar veiligste in ń vreemde land wees as sy getroud was.

Naomi besef dat aangesien Boas ń familie lid is van haar man, daar wel die moontlikheid bestaan dat Boas met Rut kan trou en haar dan verder versorg. Naomi ken die Hebreeuse gebruik van Lev 25 en Deut 25: 5-10.

Boas was hulle 'goel' ( Hebreeus vir Losser). ń Losser was verantwoordelik om die familie-naam voort te dra sowel as om die eiendom te koop sodat die grond regmatiglik in die familie bly.

Vader in U liefdevolle voorsiening het U ook ń 'Familie-lid' wat ons kom loskoop, ons grondreg kom terugkoop het, sodat ons wettiglik in U Koninkryk ingekoop kon word.
Mag hierdie waarheid vandag ingebrand word in ons harte. Mag ons soos Rut kies om te doen ...alles wat U Woord sê (5).

U is ons Losser.

Archive

 2025