16 Des 2025

Rut 2:4-12

Nog een van Rut se karaktertrekke is haar respek en beskeidenheid deurdat sy eers vra of sy are mag optel. Saam met dit was sy baie hardwerkend. Haar karakter en lojaliteit teenoor haar skoonfamilie het vir haar deure oopgemaak.

Boas het haar dadelik opgemerk en toe hy verneem sy is Naomi se skoondogter het hy oorvloedig guns aan haar verleen in meer opsigte. Hy het haar geseën met ń gebed dat sy guns by die Here sal vind; '...onder die vleuels van die God van Israel waar sy skuiling kom soek het.

Hy het pertinent sy slawe beveel on haar nie te steur nie, maar te bedien.

Here mag ons onder U vleuels skuiling vind soos Dawid geskryf het:
Here, U is my erfdeel, my beker, U bepaal my lot. Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.
Ps 16:5, 6.

U is ons 'Boas'

Archive

 2025