15 Des 2025

Job 28:1-28

Almal is soekend na wysheid. Die mens kan egter nie deur die toepassing van sy beperkte kennis enigsins eers wysheid verstaan nie. Selfs die suiwerste goud kan nie wysheid koop nie. Job sê dat slegs die Here ken die pad na ware wysheid.

Salomo beskryf dit in Spreuke ' Die begin van wysheid is ontsag vir die Here, en kennis van die Heilige is insig. ' Spreuke 9:10

Here U alleen kan vir ons wysheid gee om elke dag ons skeppingsdoel uit te leef. Skep in ons 'n honger om U te leer ken. Ons kies om U Gees en Woord te volg sodat U ons op 'n pad van wysheid kan lei.

U is Ware Wysheid.

Archive

 2025