14 Des 2025

Johannes 18:12-18

Jesus word voor Annas, wat Hoëpriester was, gebring. Petrus en Johannes het saam met Jesus in die voorhof ingegaan waar hulle Hom sou ondervra.

Hier herken 'n diensmeisie Petrus en konfronteer hom met die feit dat hy een van Jesus se dissipels is. Petrus verloën op hierdie stadium vir Jesus die eerste keer.

Here, U ken ons harte. Hoeveel keer verloën ons U nie vandag nog deur ons dade en woorde. Dankie dat U juis vir ons menslike vrese gesterf het sodat ons nie vir ewig in sonde bly nie.

U is ons Redder.

Archive

 2025