13 Des 2025

Rut 2:1-3

Rut het 'n besondere verhouding met Naomi, haar skoonma, gehad. Haar integriteit het haar gelei om na Naomi om te sien en haar te versorg. Omdat sy 'n vreemdeling van Moab was, was daar geen ander werk as om tydens die oestyd van die koringare wat op die grond val, op te tel en bymekaar te maak om ten minste bietjie koring te kon kry om van kos te maak. Sy het by 'n baie ryk en invloedryke man, Boas, se grond gekom in die hoop om guns te kry om daar koring te kon op tel.

Die Here het vooruit 'n plan met haar lewe gehad. 'n Plan wat Rut, die vreemdeling uit Moab, vir ewig sou insluit in die ewigheids plan wat Hy vir die verlossing van die mensdom gehad het.

Here, U goedheid strek tot in ewigheid. Voor ons geboorte het U geweet waar ons gaan inpas in U Koninkryks-plan. Heilige Gees, dankie dat selfs al verstaan ons nie ons huidige swaar omstandighede nie, het U 'n uitkoms. Dankie dat U ons op die regte tyd na die regte plek lei.

U is ons Leidsman.

Archive

 2025