11 Des 2025

Johannes 18:1-11

Jesus en Sy dissipels het in die tuin van Getsemane gaan bid. Judas het hierdie geleentheid gekies om Jesus te verraai. Toe Jesus Homself openbaar as "Ek Is" val die soldate voor Hom neer.
Jesus berispe Petrus wat Hom wou beskerm met sy swaard. Hiermee bevestig Hy dat Hyself Sy lewe neerlê vir die mensdom.

Jesus, 'U IS' alles vir ons. Hoe kan ons ooit tenvolle ons dankbaarheid oordra vir U lewens-offer wat U vir ons gemaak het.

U is: "Ek Is!"

Archive

 2025