10 Des 2025

Rut 1:6-22

Naomi besluit om terug te gaan na Betlehem (Huis van Brood). Haar skoondogters wou albei saam gaan, maar Naomi pleit by hulle om terug te keer na hulle ouerhuise.

Rut dring egter daarop aan om saam te gaan en maak 'n eed aan Naomi: '
'...waar u gaan, sal ek gaan, en waar u bly, sal ek bly. U volk is my volk, u God is my God. Waar u sterf, sal ek sterf, en daar sal ek begrawe word....” ' Rut 1:16-17

Rut moes by Naomi geleer het van die God van die Israeliete wat 'n Lewende God van onvoorwaardelike liefde is. Die Een Wie mens met jou hele hart kan vertrou.

Here, dankie dat U in Rut vir ons U 'Insluitende-liefde' openbaar. Dankie dat dit daardie tyd reeds 'n profetiese aksie van U kant was wat wys dat U liefde na elke nasie, volk en taal uitreik en in Christus, ons insluit in U familie."
Hulle arriveer in Bethlehem in die begin van die garsoes.
(Dit is presies tydens Peshag of Paasfees).
Jesus U is van toe tot nou in Paastyd die vervulling van Redding!


U is ons Soewereine God.

Archive

 2025