22 Nov 2025

Eksodus 36:1-38

Moses moet vir die volk sê om nie meer waardevolle offers na die vakmanne te bring nie want daar was te veel goud, silwer, brons en ander materiale.
Daar was oorvloed al was hulle pas bevryde slawe.
Verder in die hoofstuk beskryf Moses die detail van die Tabernakel se struktuur.
Die Voorhangsel en ander bedekkings word beskryf maar ook die praktiese hout paneled aan die kante van die Heilige en  Allerheiligste.

Here dankie vir die detail van die Tabernakel.
Alles wys simbolies na Jesus maar as ons na die detail kyk besef ons die Tabernakel was nie net 'n mite nie maar 'n regte tent wat gemaak was om lank te hou en waarin die Israeliete vir honderde jare kon aanbid!
U is ons Tabernakel!

Archive

 2025