21 Nov 2025

Job 19:1-29

Job antwoord weer sy vriende en beskryf hulle woorde as verbryselend.
Job besef hy is ook verwerp en verag deur sy familie, vriende en selfs sy diensknegte.
Sy eie vrou bly van hom af weg omdat hy nou net vel en been is.
Dan smeek Job om genade by sy vriende.
Hy het nie hulle oordeel nodig nie maar eerder hulle liefde.
In Job se moedeloosheid profeteer hy egter oor Jesus!!
“Maar ek, ek weet: My Losser leef! Uiteindelik sal Hy op aarde opstaan.”
‭‭Job‬ ‭19‬:‭25‬ ‭AFR20‬‬

Here al gaan dit hoe sleg met 'n gelowige die Heilige Gees werk steeds deur ons!
Ons kan nie anders as om U te verheerlik nie!!
U is ons Losser!
Die enigste Ver-Losser!

Archive

 2025