18 Nov 2025

Job 18:1-21

Bildad die "vriend" van Job stry verder met Job en redeneer weer dat alles wat sleg gaan met hom is omdat hy 'n boosdoener en 'n  goddelose is!

Bildad stry dat dinge nie verander nie!
As dit sleg gaan met jou moet jy boos wees.
Job is juis die bewys dat die sondeval dit anders maak as wat die mensdom redeneer.  

Bildad vra of 'n Rots uit Sy plek sal skuif vir Job? (Bedoelende niks gebeur buite die natuurlike manier en verklarings wat almal in glo nie).
Maar die Rots, Jesus, het juis geskuif uit Sy plek, die hemel, vir jou en my en Job om ons ten spyte van die sonde te red!

Dankie dat alles nie werk soos mense dink dit werk nie maar wel soos U in U Woord bepaal!
U is die Waarheid!

Archive

 2025