As kerkberaders, IS ONS NIE PROFESSIONELE, GELISENSIEERDE TERAPEUTE NIE. Ons bied bloot berading gebaseer op die Woord van God; en 'n geleentheid vir gebed gelei deur die Heilige Gees.
Hiermee verklaar ek dat ek my vrywilliglik onderwerp aan die beradingsproses deur die berader aan my toegewys.
Ek verstaan dat alle inligting wat deur my geopenbaar word as streng vertroulik hanteer word.
Nieteenstaande die vertroulikheidsklousule begryp ek dat die berader onder ’n wetlike verpligting staan om, indien hy/sy redelike gronde het om te vermoed dat ‘n oortreding ingevolge die Kinderwet (Wet 38 van 2005), teenoor enige kind gepleeg is, dit onmiddellik by die owerhede aan te meld.
Ek verstaan voorts, dat die berader in ’n pastorale hoedanigheid optree en dus nie gebonde is tot ’n vasgestelde fooi nie, maar dat dit my vrystaan om ’n donasie te gee vir die berading wat ek ontvang het.
Ek vrywaar ook hiermee Lewende Woord Centurion, die vermelde organisasie se Uitvoerende Raad, en berader(s) teen enige verlies, eise of regsaksies van watter aard ook al (hetsy deur myself, my boedel of enige ander persoon namens my ingestel, voortspruitend uit die hulp aan my verleen.