“Julle sal My soek en vind wanneer julle My met julle hele hart soek.”
— Jeremia 29:13
Ons as gemeente gaan nou ‘n tyd van vas en gebed betree: 40 dae van vas en gebed. Dit is nie net ’n tradisie of ’n simboliese daad nie — dit is ’n Bybelse beginsel wat God se volk deur die eeue gebruik het om Hom te soek, Sy stem te hoor, en Sy krag te beleef. Hierdie tyd is ’n uitnodiging van die Here om Hom dieper te soek, nader aan Sy hart te beweeg, en onsself oop te stel vir Sy werk in ons lewens, ons gemeente, en ons land.
Wat is vas?
In die Bybel beteken vas om doelbewus sonder kos te bly vir geestelike redes, sodat ons meer gefokus kan bid en die Here kan soek. Die Hebreeuse woord vir vas is tsom, en die Griekse woord is nestevo. Albei dra dieselfde betekenis: om jouself te onthou van kos om jou aandag op God te rig. Vas is nie dieselfde as dieet of gesondheid vas nie. Dit gaan nie oor fisiese voordele nie, maar oor geestelike fokus. Dit is ook nie ’n manier om aandag te trek of God te manipuleer nie. Dit is ’n daad van nederigheid, afhanklikheid, en oorgawe aan God.
Wanneer ons vas, sê ons met ons hele wese:
“Here, U is belangriker as my fisiese behoeftes.”
Vas en gebed werk altyd saam. Vas sonder gebed is net honger ly, maar vas met gebed word ’n kragtige geestelike instrument.

Hoekom vas ons?
Die Bybel gee vir ons verskeie redes waarom God se mense vas.
1. Vas help ons om meer gefokus te bid
Esra 8:23 sê:
“Ons het toe gevas en ons God hieroor gesmeek, en Hy het ons gebed verhoor.”
Vas bring ’n intensiteit en fokus in ons gebedslewe. Dit help ons om ons aandag weg te neem van die alledaagse en dit op God te rig. Wanneer ons vas, raak ons meer bewus van ons afhanklikheid van God.

2. Vas is ’n uitdrukking van rou en berou
In die Bybel het mense dikwels gevas wanneer hulle getreur het of wanneer hulle hul sonde bely het.
Mense het gevas:
Mense het gevas:
- Wanneer hulle geliefdes verloor het (1 Samuel 31:13)
- Wanneer hulle diep hartseer was (2 Samuel 1:12)
- Wanneer hulle deur moeilike omstandighede gegaan het, soos Hanna wat onvrugbaar was (1 Samuel 1)
- Wanneer die volk hulle sonde bely het en teruggedraai het na God (1 Samuel 7:6)
- Wanneer daar ’n nasionale krisis was, soos in Ester se tyd (Ester 4:16)
3. Vas help ons om God se stem duideliker te hoor
Rigters 20:26 beskryf hoe die volk gevas het voordat hulle God se leiding gesoek het. In Handelinge 13:2 lees ons:
“Terwyl hulle die Here gedien en gevas het, het die Heilige Gees gesê…”
Vas help ons om sensitief te raak vir die stem van die Heilige Gees. Moses, Daniël, en baie ander manne van God het gevas wanneer hulle God se wil gesoek het. Wanneer ons vas, word die geraas van die wêreld stiller, en God se stem duideliker.

4. Vas bring God se hulp en deurbrake
In 2 Kronieke 20:3–4 het koning Josafat ’n vas uitgeroep toe hulle voor ’n groot vyand gestaan het. God het bonatuurlik ingegryp en hulle oorwinning gegee. Vas is ’n manier om ons afhanklikheid van God te verklaar en Sy hulp te soek — beide natuurlik en bonatuurlik.
5. Vas bring ons hart in lyn met God se hart
Jesaja 58 wys vir ons dat ware vas nie net oor kos gaan nie, maar oor ’n hart wat in lyn kom met God. Wanneer ons vas, begin ons dinge sien soos God dit sien. Ons raak meer bewus van ander se nood, en ons harte word sagter en meer ontvanklik vir Sy wil.
6. Vas help ons om versoeking te weerstaan
Jesus self het vir 40 dae gevas voordat Hy deur die duiwel versoek is (Matteus 4:1–11). Hy het gewys dat die mens nie net van brood leef nie, maar van elke woord wat uit God se mond kom. Vas leer ons selfbeheersing en help ons om sterker te staan teen versoeking.
7. Vas is ’n daad van liefde en aanbidding
Lukas 2:37 vertel van Anna wat God gedien het met vas en gebed, dag en nag. Vas is ’n manier om ons liefde vir God te wys.