Fondasie Waarhede

’n Kursus wat ’n sterk, Bybelse fondasie lê en jou help groei in jou identiteit in Christus, heiligmaking,
innerlike genesing, gawes en die Koninkryk van God.

Kom verdiep jou verhouding met die Here.
Word toegerus om met vrymoedigheid en wysheid in bediening te wandel.

Die kursus wil die gelowige in die fondasie waarhede van ons Here en Verlosser, Jesus Christus, vestig. Die dinamiek van vrymakende Heilige Gees-geïnspireerde Woord-waarhede is ’n noodsaaklikheid vir elke Christen wat ’n lewe van volheid en oorvloed wil lei.
 
Let Wel: Die kursus is ’n voorvereiste vir enigiemand wat mense geestelik in ons gemeente wil bedien. Dit is ook die beste plek vir nuwelinge om mense te ontmoet, nuwe vriende te maak en ’n lewensreis met medegelowiges te begin. Ons beveel die kursus aan as die grondslagkursus waarmee jou reis by ons moet begin.


Koste beloop R380,00

Navrae:
Kerkkantoor: 012 654 3600

info@lwc.org.za