Captivating

Onthul die skoonheid van ’n vrou se hart ❤️
’n Kursus wat vroue nooi om dieper in hul geloof in te stap en te ontdek dat ware skoonheid spruit uit ’n intieme verhouding met God.

“Elke vrou het iewers in haar lewe groot drome gehad… oor groot avonture en helde en heldinne…

Maar werksverpligtinge, onvervulde verwagtings, die lief en leed van familie en haar eie seerkry soms, laat drome vervaag en soms vergete iewers langs die pad…
Ons Captivating kursus is jou geleentheid om tyd uit te koop by die Here & Hom en jouself vars te ontdek!
Kom word bemagtig om weer te droom en jouself te kan verlustig in dié lewe, die een wat Jesus in Joh 10:10 vir jou gedroom het:
“Ek het gekom sodat julle lewe en LEWE in oorvloed kan hê”

Koop asb. die boek “Jy is bekoorlik” (Afr) of “Captivating” (Eng) deur Stasi Eldredge vooraf aan.
Beskikbaar by CUM/Takealot/Loot/E-boek apps/toepassings.

Ons sien uit daarna om hierdie avontuur saam met jou te beleef!

Kyk gerus die inligtingsvideo hier : KYK NOU 

Koste beloop R380,00

Navrae:
Kerkkantoor: 012 654 3600

info@lwc.org.za