5 Okt 2025

Eksodus 25:1-40

Die Israeliete gee met oorgawe kosbare goud, edelgesteentes en ander materiaal waarmee die Tabernakel en sy toebehore gebou moes word.
Onthou hierdie klomp slawe het op 'n bo-natuurlike manier van hulle eienaars in Egipte fantastiese weggaan geskenke ontvang.
Nou bou Moses en sy span die ark van die verbond eerste daarmee met die versoendeksel. Dit is vir die Allerheiligste.
Dan die wierook altaar, tafel van toonbrode en die Menora van goud vir die Heilige.
Die detail en simboliek daarvan is so kosbaar en wys konstant na Christus en wie Hy sou wees.

Here dankie dat U voorsien. Die volk het genoeg gehad en kon ook bydra vir die Tabernakel.
Mag ons onsself gee as wydings-geskenke vir U vandag?
U is ons Argitek wat alles beplan!

Archive

 2025