4 Okt 2025

Job 3:1-26

Job praat vir die eerste keer na sy lang rou tyd.
Instede daarvan om die Here te vervloek vra Job egter hoekom die dag aangebreek het waarop hy gebore was.
Hy wens sy geboorte het nie gebeur nie!

In die wanorde en hartseer van sy lewe besef Job:
“Dit waarvoor ek gevrees het, het oor my gekom. Dit waarvoor ek bang was, het nou met my gebeur.”
‭‭JOB‬ ‭3‬:‭25‬ ‭NLV‬‬

Here help ons om in geloof te leef en nie in vrees nie.
Vrees is die geloof in die negatiewe.
U is Goed!

Archive

 2025