Aanlyn Kerk Familie

Volgende Kerk Aanlyn byeenkoms is op Sondag 05 Julie 2020 om 09:00

Goeie Nuus!!

Ons hou weer kerk tydens vlak 3 inperking!! Sitplekke is beperk, maar ons is baie opgewonde. Registreer vandag nog

Het jy gebed nodig?

Soms is daar tye wanneer die lewe oorweldigend is, tye wanneer daar meer vrae as antwoorde is. In daardie oomblikke kan hoop baie vêr voel.

Die wonderlike ding van gebed is dat dit die fokus sit op die Een wat altyd regstaan om te luister.

Maak nie saak waarteen jou stryd is nie, ons sal graag saam met jou wil bid!

Vra vir Gebed

Fokuspunte

Fokuspunte uniek tot Lewende Woord Centurion

Kruis Kidz

KRUIS KIDZ

Sondae oggende om 09:00

Lees meer

Kruis Kids 7ups

KRUIS KIDZ 7-UPS

Sondae oggende om 09:00

Lees meer

Plantasie

PLANTASIE

Sondae middae vanaf 16:30 tot 17:30

Lees meer

Saai

"Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief. (2 Korintiërs 9:7).

Om te kan gee, is ‘n getuienis van God se goedheid. Wat ons het, is van die Here af. Ons verbly ons vir die gawes en talente waarmee ons ‘n inkomste kan genereer en uit dank vir God se goedheid en voorsiening, saai ons graag in die Koninkryk.

Ons glo ook dat ons profeties betrokke raak by 'n bediening deur ons finansies. Wanneer ons dus saai in 'n gemeente, is dit 'n profetiese aksie om insette in die gemeente te hê.