Paulus reken die getroude lewe is ‘n uitdaging. Dit is. Maar ‘n gelukkige huwelik kan vir elke paartjie ‘n realiteit wees. LWC het paartjies wat al deur “die meule” is, wat saam met jou en jou lewensmaat ‘n pad wil stap om julle te lei na ‘n lekker diep vriendskap met intimiteit en emmers vreugde.
Die mentorskapprogram is vir getroudes (al is julle gelukkig, is die program verrykend), sowel as verloofdes. Dis ‘n heerlike reis!
Onderwerpe wat bespreek word sluit in:
BEKENDSTELLING & BEHOEFTES
TEMPERAMENTE
LIEFDE
KOMMUNIKASIE
LIEFDESTALE
ROLLE EN SPANWERK
FINANSIES EN VRAE
HUWELIKSHANDE - AANLYN KURSUS MATERIAAL
Die materiaal vir die kursus kan aangeskaf word soos volg.
Let wel dat die materiaal wel “Voor jy trou” genoem word, maar is heeltemal van toepassing al is julle reeds getroud.
Instruksies:
Laat weet indien enige iets onduidelik is. Sien julle daar.
Besprekings vir hierdie kursus is noodsaaklik.
Hierdie kursus is nie gratis nie.
Koste beloop R300,00