Lewende Woord Centurion

13 Sep 2026
Jakobus 5:12-20

Wees n mens van jou woord.
Moenie lieg nie en eer wat jy jouself voor verbind.

Bid vir mekaar!
Bid vir siekes!
Bid in nederigheid!
Bid in geloof!
Bid vir ongereddes.

Here help ons in nederigheid en met sonde belydenis te bid en U te vereer.
U is ons Vader

12 Sep 2026
Hosea 8:1-14

Israel het onder Jerobeam 2 goue kalwe gemaak dit in 2 verskillende stede opgesit en gesê dit is die Here, die Israeliete moet dit aanbid.

Vir honderde jare was dit die amptelike manier van aanbid vir Samaria, die hoofstad van Israel en setel vir hulle konings.

Die Here verwerp hierdie beelde, Hy het hulle nooit aanvaar of goed gekeur nie.
Sy aanbidding skryf Hy voor.

Daarom kondig die profeet oordeel aan oor Efraim, Israel se bynaam.
Dit is hoekom hy aasvoëls sien draai bo Samaria.

Here help ons om U opreg te aanbid soos U wil en nie soos ons wil nie!
U is Alomteenwoordig!

11 Sep 2026
Numeri 11:1-35

Die Israeliete kla!
Hulle kerm oor kos: in Egipte het hulle vis, komkommer, uie en knoffel geeet en nou net manna.
Hulle was lus vir vleis.
Die Here belowe hulle toe vleis, maar Moses dink dis onmoontlik om almal vleis te gee.
(600 000 mans)

Intussen salf die Here 70 leiers met Sy Gees en begin 2 van hulle profeteer, tot Moses se vreugde.

Die Here begin toe kwartels (lae vlieënde voëls) voorsien vir kos.
Die skielike vleis en ooreet daaraan het egter n klomp mense laat sterf.

Here help ons om U nederig te vra wat ons nodig het en nie daaroor te kla nie!
U is die Een wat U Gees gee.

10 Sep 2026
Jakobus 5:1-11

Jakobus waarsku ryk mense om nie armes uit te buit nie.
Oor en oor in sy boek waarsku hy teen die hoogmoed van klas en ras verskille wat  mense op ander laat neerkyk.
Verder bemoedig hy ons om eerder geduldig te wag op die wederkoms van die Here.
As ons een van die is wat uitgebuit en verontreg is moet ons moed hou want soos met Job sal die Here met die wees wat swaarkry.

Here dankie dat U vol medelye en ontferming is!
U is die ware Regter.

9 Sep 2026
Hosea 7:1-16

Israel se boosheid word beskryf as n smeulende oond wat se kole elke nou en dan weer opvlam in boosheid en sonde.
Verder word Efraim soos n roosterkoek half-gaar en gereed vir oordeel, want n halwe gebakte brood kan vir niks gebruik word nie.

Dan word Israel en Juda met n dwase, onnosele duif vergelyk.
Hulle roep Egipte, maar vlieg dan Assirië toe, maar soek nie die Here nie.

Here mag ons uit hulle foute leer en U bly soek.
U is die Allerhoogste.

8 Sep 2026
Numeri 10:1-36

Die Here het n effektiewe kommunikasie stelsel in werking gestel deur die 2 silwer trompette.
Die kodes wat een of albei moes uit basuin het verskillende boodskappe aan die volk oorgedra.
Van hulle bymekaar roep of die leiers roep, na waarsku of oproep tot oorlog.
Die blaas van die trompette was die priesters se werk.
Ons moet die Here se wil netso vandag nog bly kommunikeer.

Die wolk van die Here het begin beweeg en Israel moes in stam-volgorde wegtrek.

Here dankie dat U nog altyd met ons wil kommunikeer.
Dankie dat ons “Trompet” nou die Heilige Gees binne ons is wat ons lei.
U is ons Leidsman!

7 Sep 2026
Jakobus 4:11-17

Moenie lelike goed van mekaar sê en mekaar kritiseer nie, praat eerder opbouend van ander en seën hulle.

Verder moet ons nie more en die volgende dae beplan asof ons in beheer is nie.
Deur die eeue het die kerk die latynse term “Deo Valente” (DV) gebruik, dit beteken  “as God wil”, om voor beplande datums te noem sodat ons konstant van die Here kan afhanklik bly van en in die toekoms.

Daar is nie net sonde in verkeerde goed wat ons doen nie (commission), maar ook in die regte ding wat ons nie doen nie (omission).
“Hou in gedagte: As ’n mens weet wat reg is en dit nie doen nie, is dit sonde.”
‭‭JAKOBUS‬ ‭4‬:‭17‬ ‭NLV‬‬

Here help ons om die regte dinge te doen in U wil!
U hou Gister, vandag en more in U Hand!

6 Sep 2026
Hosea 6:1-11

Die Here bied aan Israel en aan ons n kans vir berou.
Berou vir sonde van die verlede.
Sodat ons Vryspraak en guns kan geniet!
Hy het immers op die derde dag opgestaan vir ons en die dood oorwin!!
…“want Ek verwag troue liefde, nie offers nie; kennis van God, eerder as •brandoffers.””
‭‭Hosea‬ ‭6‬:‭6‬ ‭AFR20‬‬

Here U soek by ons n liefdevolle, nederige, gesindheid voor U!
Dit is beter as enige offer of ritueel.
U is ons Liefde!

5 Sep 2026
Numeri 9:1-23

Die Here stel die Pasga in die lente in en beveel die volk om dit te hou.
Die lam wat hulle moes slag en eet het hulle herrinder aan die aand voordat hulle Egipte verlaat het, maar dit het ook heengewys na die Lam, Jesus, wat vir ons geslag is sodat ons kon vrykom van die slawerny van sonde.
Selfs onrein mense kon n maand later Pasga vier. Dit is dalk hoe Josef van Aritea die ander gedien het deur met die Ligaam te werk net voor Pasga.

Verder is die hoofstuk oor die wolkkolom en vuurkolom wat oor die Tabernakel gehang het en oor die hele kamp skadu en lig gegee het.
As die Wolk beweeg het moes die Israeliete ook beweeg.

Here dankie dat U in ons woon en ons deur U Gees lei om te beweeg as ons moet beweeg.
U is ons PaasLam!

4 Sep 2026
Jakobus 4:1-10

As ons in aanbidding voor die Here kom moet dit in nederige gebrokenheid wees en nie in n arrogante selfvoldaanheid nie.

As ons Hom in gebed iets vra moet ons motiewe van ons harte suiwer en opreg wees.
Dit help nie ons vra met selfsug en wellus nie.
Daarom bid “sodat” gebede:

Here wees asb met ons SODAT ons U Naam kan verheerlik.
Here ons kom nederig ons harte voor U ontbloot: sal u ons vyandige en selfsugtige gesindhede vergewe en ons lei om in alles U Naam groot te maak!
U is Goed!

3 Sep 2026
Hosea 5:1-15

Israel en Juda was by hulle afgodery en onreg ook nog hoogmoedig en wou nie terugkeer na die Here nie.
Die Here beskryf Homself as n Leeu wat hulle gaan verslind en juis waar Israel hulp gesoek het, by Assirië gaan die Here gebruik om hulle te oordeel.

Here help ons om sonde te bely, dit was die uitnodiging vir Israel en Juda: hulle sou oordeel kon vryspring as hulle hul sonde bely het.
U is die Leeu van Juda!

2 Sep 2026
Numeri 8:1-26

Die Leviete word aan die Here toegewy namens al die oudste kinders.
Hulle taak was om van 25 tot 50 in die Tabernakel diens te doen.
Aaron en Moses het toe die Leviete geheilig en skoon laat aantrek vir hulle dins in die  Teenwoordigheid van die Here.

Here ek besef dat ons almal in die Nuwe Testament Leviete is wat ander verteenwoordig voor U.
Ons werk is om vir ander te bid en te sorg dat hulle heilig met U in verhouding staan.
U is ons Heilige Hoëpriester wat vir ons die Lig bring.

1 Sep 2026
Jakobus 3:13-18

In die lig daarvan dat ons ons tonge moet beheer, moet ons ook in sagmoedige wysheid teenoor ander goed doen.
So wysheid van die Here baklei en stry nie heeltyd oor wat reg is of is jaloers op wat ander het nie!
Die Here se wysheid in ons maak ons vredeliewend!
Ons wil die mens wen nie noodwendig die argument nie.

“En die vrug van geregtigheid word in vrede gesaai vir hulle wat vrede maak.”
Jakobus 3:18 AFR20

Here help ons om met vrede en wysheid ander sag te benader eerder as om altyd reg te probeer wees en te stry. Help ons om alle afguns te los.
U is Wysheid en Vrede!

31 Aug 2026
Hosea 4:1-19

Hosea prifeteer teen Israel en Juda omdat hulle met afgodery besig is instede daarvan om die Here aleen te dien.
Hy noem dit geestelike egbreuk.
Maar ten spyte van die volk se gesamentlike ontrouheid is die priesters ook nog skuldig daaraan dat hulle by prostitute slaap en tempelprostitute, van afgode, besoek.
Hulle is veronderstel om die volk reg te leer,
Maar “die volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis…”
Want die priesters wat hulle moet leer se lewens is nie toegewyd aan die Here nie.

Here mag ons U toegewyd, heilig, bly soek.
U is Heilig!

30 Aug 2026
Numeri 7:1-89

Die 12 leiers van die stamme van Israel het elkeen kosbare bakke en toebehore sowel as offerdiere gebring vir die toewyding van die Tabernakel.

Die priesters moes dit neem en gebruik namens die stamme.
Die offerdiere het hulle vir versoening van elke stam met die Here geslag.

Moses het egter dan van af die ark van die verbond se versoendeksel die Here se stem gehoor as Hy met die volk deur Moses gepraat het.

Here dankie dat U nou in ons woon en met ons vanaf die ark in ons hart praat deur U Heilige Gees.
U is die Versoening!

29 Aug 2026
Jakobus 3:1-12

Die tong!
Beheer hom sê Jakobus want almal om jou kan die vrug van jou tong sien.
Dit help nie jy sê jy is n vyeboom maar jou woorde lyk soos “olywe”(anders as wat jy voorgee) nie!

Ons moet met hierdie tong getuig van Christus,
Ons moet ander met die tong leer van die Waarheid, eerder as om te lieg
Ons moet ander opbou met ons woorde en nie afkraak of beskinder nie!
Jou tong moet mense die Koninkryk se goedheid wys en nie teen die Here en mense vloek en negatief praat nie!

Jou tong is soos n vuur wat n hoop hout vir goed kan aansteek of n veldbrand van verwarring en frustrasie man laat opvlam!

Kyk wat jy sê!
Jou tong stuur of besoedel jou hele ligaam: kies self!

Here geen mens kan die tong tem nie, maar die Heilige Gees in ons kan ons salf om ons tonge tot U eer te heilig, af te sonder vir U gebruik!
U is die Heilige en die Waarheid!

28 Aug 2026
Hosea 3:1-5

Hosea moes sy vrou weer terug koop nadat sy ontrou was en weer haarself as prostituut uit gehuur het.
Die Here sê vir Hosea om haar n groot prys te betaal, Hy die Here het vir ons as ontroues n Groot Prys betaal: Sy Seun!

Hy vra vir sy vrou om n ruk by hom te bly soos Israel vir n ruk by die Here sal bly as hulle gaan terugkeer na dat hulle weg was.
Hosea profeteer die ballingskap en terugkeer baie lank voor dit gebeur het.

Here dankie dat U n troue Bruidegom is!
U is Genadevol!

27 Aug 2026
Numeri 6:22-27

Aaron en sy seuns moes met uitgestrekte hande die Israeliete seën met die gebed:

““ ‘ Mag die Here jou seën en jou beskerm. Mag die Here sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees.
Mag die Here sy aangesig na jou toe oplig en aan jou vrede gee.’ ””
‭‭Numeri‬ ‭6‬:‭24‬-‭26‬ ‭AFR20‬‬

Here dankie dat U n liefdevolle Vader is wat ons wil seën en nie wil straf nie!
U is Vrede en Liefde!

26 Aug 2026
Jakobus 2:14-26

Ware geloof is n verhouding met die Here waar die persoon prakties sy geloofslewe uitleef in gehoorsaamheid aan die Here!
Anders gesê:
Geloof is doen!
Uit jou geloof gee jy om en help mense, uit jou geloof vertel jy ander van die Here!
Sonder hierdie uitlewings van ons geloof beteken dit eintlik ons het nie geloof nie.
“Want net soos die liggaam sonder asem dood is, só is die geloof sonder dade dood.”
‭‭Jakobus‬ ‭2‬:‭26‬

Here my geestelike geloofslewe het asem nodig soos my lyf suurstof kort, help my dan om armes te versorg en vir ander van U te vertel! Here help ons om U te dien deur ander te dien!
U is ons Lewe!

25 Aug 2026
Hosea 2:1-22

Soos wat Hosea vir Gomer as bruid geneem het uit haar prostitusie uit en n ma van kinders geword het, so het die Here Israel uit afgodery en geestelike prostitusie gered en haar Sy volk gemaak deur n verbond en daar was n volk met “kinders”: n  nageslag wat Hom moes dien.

Die gebruike van die tyd kom na vore en die Here gebruik dit as metafoor: die juwele en uitlokkende klere van n prostituut wat haar “adverteer” as beskikbaar word vergelyk met die afgodery en baal aanbidding wat orals in Israel te siene was.

Die geld en goedere wat Israel van buurvolke gekry het is soos n prostituut se betaling sê die Here en dit is nie nodig nie want Hy, haar Man, sorg goed vir haar.

Oordeel kom oor Israel, maar daar kom ook n genade tyd vir haar kinders wat die Here hulle weer Sy mense maak.

Here dankie dat genade en Vryspraak deel is van wie U is!
U is Getrou!

24 Aug 2026
Numeri 6:1-21

Jy is toegewy aan die Here!
Die Bloed van die Lam is in die Nuwe Testament tyd, nou, genoeg om die Heilige Gees in jou te laat woon en jou eenkant te sit vir die Here se gebruik, om Hom te verheerlik!

In die Ou Testament was daar n paar sulke afgesonderes wat die Here gekies het as Nasireërs, soos Simson, Samuel en n paar ander.
Dit was egter moeilik en vol rituele, soos om jou hare ongesny te laat. Dit was toewyding onder die wet.
Toewyding onder Jesus lyk anders: dis van binne en nie oor buite rituele nie!
Die Heilige Gees in ons wy ons toe!

Here dankie vir hierdie “ou” beeld van toewyding. Help ons om te leer hieruit hoe om toegewyd aan U te leef. Soos bv. om niks van “Dood”: ons ou sondige natuur meer te kan akkomodeer nie!
U is die Groot Nasireër wat afgesonder is as Offer vir ons!

23 Aug 2026
Jakobus 2:1-13

Ontferming triomfeer oor oordeel!
Jakobus sê dat ons nie kan beoordeel dat iemand beter as iemand anders is omdat hy ryker is of meer indrukwekkend lyk as die ander ou nie.
In die kerk as gelowiges moet ons almal om ons dieselfde behandel.
Ons kan nie sekere mense bevoordeel en ander minder ag nie, die Here beskou dit hier as sonde en teen die wet.

Here help ons om in die besonder arm mense lief te hê en so te wys U Koninkryk het nie onderskeid nie maar U is lief vir almal!
U is Liefde!

22 Aug 2026
Hosea 1:1-12

Hosea leef ten tyde van 4 konings in Juda en n baie bose Jerobeam wat regeer in Israel.
Dus profeteer en leef hy in dieselfde tyd as Jesaja, n hele ruk voor die ballingskap.

Hy kry die vreemde profetiese opdrag om n prostituut te trou, haar naam was Gomer.
Die Here wou die volk wys dat hulle soos n prostituut optree teenoor Hom, hulle Man.
Die 3 kinders by haar se name is ook profeties:
Die 1ste een vernoem hy na n ramp en skande in Israel, Jisreel.
Dan n dogter wat se naam is : nie genade!
En n seun met die naam: nie My volk.

Deur die kinders se name profeteer die Here aan Juda en Israel dat hulle “vrug” van sonde (Jisreel -“die Here verstrooi) gevolge het.
Hy sal nie meer genade hê nie en hulle sal nie meer Sy volk wees nie.
Dan eindig die hoofstuk met hoop en genade. Na alles sal Israel steeds die Here se volk wees.

Here dankie dat U nog en nog genade het!
U is die Een Hoof waarvan Hosea profeteer!

21 Aug 2026
Numeri 5:1-31

Mense wat onrein was in die tyd van Moses moes buite die kamp gebly het.
Dit is simbolies van iemand wat in die Nuwe Testament aanhou met moedswillige sonde sonder berou.
So n persoon hoort nie in die “kamp”, die kerk nie want hulle moet tot berou kom.

Verder het die Here genade ingestel deur n ritueel daar te stel vir mans wat agterdogtig en jaloers is op hulle vroue.
Instede soos ander kulture van hulle tyd en midde oosterse gebruike ook vandag kan jaloerse mans nie net voor die voet hulle vrouens doodmaak nie.
Daar was n priesterlike proses om vroue wat verdink word van owerspel te toets en vry te stel sou hulle onskuldig wees.

Here dankie dat U wette genade ingebou het!
U is ons Getroue en genadevolle Man!

20 Aug 2026
Jakobus 1:19-27

Sit jou geloof in aksie en leef jou liefde vir die Here prakties uit!

Die eerste ding wat jy moet doen is om in sagmoedigheid na die Here te luister en nie met woede, onvergifnis en hoogmoed verder te leef nie.

As ek en jy daagliks vir die Here leef sal ons anders praat (ons tong beheer) en selfs vir mense met behoeftes help (wees en weduwee) en sodoende die Woord toelaat om sonde en gesindhede binne jou te laat verander.

Here help ons om nie net te hoor wat U vir ons sê nie, maar dit ook te doen!
U is Wonderbaar!