16 Nov 2025

Eksodus 35:1-29

Moses gee die wet sê bepalings oor die Sabbatdag!
In die Ou Testament moes die mense werk en offers bring om die 7de dag (Saterdag) te kon rus.
In die Nuwe testament as gelowiges is ons in die Rus van die Here (Jesus)!
Ons vier Hom op die 1ste dag van die week (Sondag) en vanuit ons rus werk ons om ons dankbaarheid te wys vir 6 dae.
So ons werk vanuit ons Rus!
Wetties moes hulle werk vir hulle rus.

Om te kon aanbid moes die volk werk!
Hulle moes skatte bring om die Tabernakel te kon bou.
Hulle moes ook hulle vakkundigheid gee om te kon aanbid.

Here dankie dat ons as Nuwe testamentiese gelowiges nou niks moet gee om te aanbid nie!
U het ALLES gegee!
U was die Offer-Lam!
Daarom gee ons nou uit dankbaarheid as ons vir U gee!
Ons sê U voorsien Rus so daarom wil ek bydrae tot U rus in mense se lewens: U Koninkryk wat kom!

U is ons Rus!
U is die Ware Shabbat!

Archive

 2025