9 Nov 2025

Job 15:1-35

Elifas argumenteer verder met Job.
Hy reken weer dat dit sleg gaan met Job omdat hy onreg gedoen het.
Die wêreld dink altyd so: as dit sleg gaan moes hierdie persoon waarmee dit sleg gaan, êrens iets verkeerd gedoen het om die sleg te verklaar.
Die realiteit is egter dat die Here self vir Job as regverdig beskou, dus in ons terme: iemand met 'n verhouding met die Here!
So al is Elifas vas oortuig van Job se skuld is hy heeltemal verkeerd.
Somtyds gee mense raad maar hulle advies kom uit verkeerde veronderstellings uit.

So onthou slegte goed gebeur met goeie mense ook omdat die sondige wêreld gebroke is en nie omdat hulle êrens slegte "karma" het nie.
Dit geld ook vir as dit goed gaan: dis nie omdat die voorspoedige so reg is nie maar net genade wat dit laat goed gaan, baie keer met slegte mense ook.

Here help ons om weer te besef hoe afhanklik ons van U genade is!
U is ons God!

Archive

 2025