8 Nov 2025

Johannes 12:12-36

Jesus ry triomfantlik in Jerusalem in op die rug van 'n donkie vul. 
Die skare wat Hosanna skree en palmtakke voor Jesus gegooi het sou 'n week later in Jerusalem skree "kruisig Hom!"

In Jesus se laaste week het Hy egter baie wonderwerke gedoen en Sy dissipels deeglik geleer. 
As Filippus hulle vra dat Jesus 'n groep Grieke sien wat nuuskierig is oor Hom dan verduidelik Jesus dat Hy eintlik nou ten laaste gaan fokus op Sy dissipels en dan sal die wêreld Hom leer ken na Sy dood. 

“En as Ek van die aarde af verhoog word, sal Ek almal na My toe trek.””
‭‭Johannes‬ ‭12‬:‭32‬ ‭AFR20‬‬

Here U het U lewe vir ons gegee nadat U gesê het: “Wie sy lewe liefhet, verloor dit; maar wie sy lewe in hierdie wêreld gering ag, sal dit vir die ewige lewe behou.”
‭‭Johannes‬ ‭12‬:‭25‬ ‭AFR20‬‬
Dankie dat U, U Lewe gegee het!
U is die Koning van die Hemele!

Archive

 2025