7 Nov 2025

Eksodus 33:12-23

Moses praat met die Here en
“Hy het vir die Here gesê: “As u teenwoordigheid nie saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat optrek nie.”
‭‭Eksodus‬ ‭33‬:‭15‬ ‭AFR20‬‬

Moses en die volk was so bewus van die Here se Shekinah Heerlikheid wat saam met hulle beweeg het want hulle het dit in die dag as 'n wolkkolom oor hulle gesien en die skadu daarvan beleef en in die nag was dit 'n vuurkolom wat hulle van bo verhit en verlig het in die woestyn.

Maar Moses is nie daarmee tevrede alleen nie: hy wil die Here self sien.
Die Here sê toe hy sal Moses in 'n Rots sit en dan by hom verbygaan hom toehou en Moses die agterkant van die Here laat beleef.

Here dankie dat die Voorhangsel van bo na onder Geskeurde is en dat ons nou in U teenwoordigheid kan leef.
U is ons Rots, net in U is ons veilig om Vader te kan sien.

Archive

 2025