4 Nov 2025

Eksodus 33:7-11

Moses ontmoet die Here gereeld in die Tent van ontmoeting net buite die kamp!
Daar hoor Moses die Here se stem en praat met die Here soos met 'n vriend.
Die volk staan ALMAL uit respek voor hulle tente as Moses na die ontmoetings-tent gegaan het.

Joshua die jong dissipel van Moses was saam die tent in maar het gebly as Moses verder moes gaan en mense bedien.

Die tent van ontmoeting was nie die Tabernakel nie.
Die Tabernakel was later reg in die middel van die volk.
Hierdie besonderse ontmoetingsplek was buite die kamp.

Here ons wil U gereeld "ontmoet"!
Dankie dat U heerlikheid U Heilige Gees in ons woon!
U is Heerlike Genade!

Archive

 2025