3 Nov 2025

Job 13:1-28

Job se begeerte om self met die Here te praat en Sy stem te kan hoor is wat ons almal wil hê.
Job weet egter dat sy onregverdige vriende nie die Here se stem hoor nie en nie namens Hom praat nie.
Hy sê dit sou dalk wyser wees vir hulle om stil te bly as om hom te kritiseer en kwansuis namens die Here vir hom goddelike raad en vermaning gee.

Here ons smag na U teenwoordigheid en na U stem!
U is die Woord wat Lewe gee!

Archive

 2025