2 Nov 2025

Johannes 11:45-57

Jesus word 'n bedreiging vir die godsdienstige leiers van Israel nadat Hy sy vriend Lasarus uit die dood opgewek het.
Baie begin in Hom glo en die Sanhedrin wil dit so gou as moontlik stop, uit vrees vir die Romeine en uit Jaloesie!
In hulle beraadslaging oor Jesus profeteer Kaiafas die hoëpriester toe:
“Julle besef nie dat dit tot julle voordeel is dat een man vir die volk sterf en die hele volk nie ondergaan nie.””
‭‭Johannes‬ ‭11‬:‭50‬ ‭AFR20‬‬

Jesus sou in die volgende week of wat tydens die volgende Pasga sterf in ons almal se plek!

Here dankie vir U tydsberekening!
U is die Waarheid!

Archive

 2025