30 Okt 2025

Johannes 11:1-44

Jesus sê vir Sy dissipels dat hulle na Betanië, langs Jerusalem, gaan want Lasarus is dood.
Op die aankondiging sê Thomas: kom ons gaan en gaan sterf.
Thomas in sy twyfel lê eintlik sy lewe neer en daarmee saam die dissipels wat saam met Jesus gaan.
Dus was elkeen van hulle se latere martelaars dood nie teen hulle wil nie.

Jesus huil saam met Martha en Maria sy vriendinne en die susters van sy goeie vriend Lasarus.

Al was dit die 4de dag wat sy vriend in die graf was laat Jesus die klip wegrol en roep Lasarus uit die graf uit.
Hierdie wonderwerk sowat 'n week voor Jesus se eie kruisiging en opstanding het net bevestig dat Jesus die vermoë gehad het om die dooies weer lewendig te kon maak.
Hy sou egter self die dood oorwin en opstaan!

Here dankie dat U gewone vriende gehad het en saam met wie U gehuil het!
U is die Opstanding en die Lewe!
As ons in U glo sal ons  Lewe al sterf ons ook!

Archive

 2025