29 Okt 2025

Eksodus 32:1-30

Moses is op die berg besig om die wet van die Here af te ontvang toe die Israeliete besluit Moses is dood en Aaron moet vir hulle 'n beeld van God maak wat hulle kan aanbid.
Die Here praat met Moses op die berg en sê hom van die goue kalf.
Met Moses en Joshua se terugkeer sien hulle die volk dans en die kalf aanbid!
Hy gooi toe die kliptafels stukkend en verbrand die goue kalf, wat Aaron verduidelik het uit die vuur gespring toe hulle goud gegiet het.

Die Leviete wat nie aan die afgodery deelgeneem het nie, neem toe hulle swaarde en maak 3000 man dood.

Here elke keer as ek die storie lees besef ek die Israeliete het 'n fisiese beeld van U gesoek om te aanbid en dit was afgodery!
Help my om nie my eie weergawe op te maak van wie en wat U is nie!
U is die Onsienlike Alomteenwoordige en Almagtige God!

Archive

 2025