28 Okt 2025

Job 11:1-20

Sofar, nog 'n "vriend" van Job gee sy siening oor Job se lot.

Hy, soos baie mense vandag, is van mening dat Job moes sleg gedoen het êrens in sy lewe en daarom gaan hy deur die swaarkry.

Sofar sê in soveel woorde dat as Job reg sou gedoen het sou Job gelukkig geleef het... meeste mense glo in een of ander vorm van karma (geluk as jy goed doen).
Die probleem is egter die hele storie van Job verduidelik ons juis dat niemand goed is nie en net die genade alleen van die Here laat dit met ons goed gaan.
Ons sien ook soos met Daniel se vriende, Habakuk en baie ander dat ons die Here moet dien ten spyte van ons omstandighede!

Ons heg heeltemal te veel waarde aan geluk en gemak.
Die Here se teenwoordigheid kan nie aan die twee eienskappe in jou lewe gemeet word nie.
Jou karakter vanuit verhouding met die Here is vêr meer as blote emosie en omstandighede.

Job se vriend reken:“As jy maar net iemand was wat jou hart daarop gerig het, en jou handpalms na Hom uitgestrek het!”
‭‭Job‬ ‭11‬:‭13‬ ‭AFR20‬‬
Maar Job het!

Here ons wil soos Job in geregtigheid voor U kom leef en ons besef dat ons nie op mense moet neerkyk wat swaarkry nie!
Hulle het nie noodwendig iets verkeerd gedoen meer as ons nie!
U genade deur U Bloed red ons alleen!
U is ons Goedheid!

Archive

 2025