17 Okt 2025

Eksodus 29:1-46

Die toewyding van die hoëpriester word hier deeglik beskryf.
Dit begin by Aaron die eerste hoëpriester maar die amp is lewenslank en oorerflik van Aaron se seuns aan.
Die salwing in die amp van Hoëpriester moes seker so gemiddeld een keer in 40 jaar gebeur het maar dit was 'n luisterryke gebeurtenis.
In Israel moes als tot stilstand kom vir daardie 7 dae van toewyding!

Here mag ons ore, duime en groottone besprinkel word met U bloed!
Mag ons dus afgesonder U stem hoor, vir U werk en gaan waar U ons heen stuur!
U is my Hoëpriester!

Archive

 2025