15 Okt 2025

Johannes 8:48-59

Die gesprek tussen Jesus en die Fariseërs gaan voort: hulle beskuldig Hom.
Hulle sê Jesus is 'n Samaritaan en het 'n demoon.
Jesus sê Hy het nie 'n demoon nie, maar oor Sy Samaritaan-skap sê Hy niks: dit is nie vir Hom so 'n belediging soos die Jode dit bedoel het nie.
Verder verduidelik Jesus dat Abraham na Sy dag en koms as Messias uitgesien het en die Fariseërs verstaan dit nie.
Dan gaan Jesus verder as om Homself die Woord te noem wat ewige lewe tot gevolg het, Hy noem Homself ook: "Ek is"!!
Hiervoor wil die Fariseërs Hom stenig want dit is die Heilige Goddelike naam van Vader.
Hy ontduik hulle.

Here dankie dat U die Groot "Ek is" is!
U is die Woord wat Lewe gee!

Archive

 2025