14 Okt 2025

Eksodus 28:1-43

Aaron die hoëpriester se kleed word beskryf.
Buiten sy duur geweefde klere van rooi, blou en pers moes hy ook op sy skouers 2 edelstene met die 12 stamme se name op sy skouers dra.
Hy moes ook 'n borstas dra wat 12 edelstene op gehad het en wat die Urim en die Tunnim bevat het.
Die 2 stene is gebruik as Aaron en Moses na die Here se wil gevra het oor 'n saak.

Verder het die hoëpriester ook 'n tulband op sy kop gedra met 'n goue plaat voorop vas wat sê: Geheilig vir die Here!

Here dankie vir die uitmuntendheid van die hoëpriester se klere en die detail dat hy die volk voor die Here moet indra in die Allerheiligste in soos U ons indra in die Troonkamer van Vader.
U is die Ware Hoëpriester!

Archive

 2025