13 Okt 2025

Job 6:1-30

Job beantwoord vir Elifas en sy ander vriende wat hom wil teregwys want hulle neem aan Job het iets verkeerds gedoen en daarom kry hy swaar.

Ons weet egter as gevolg van die sondeval gaan dit soms sleg met "goeie" mense en goed met bose mense.
Ons moet egter besef dat die Here soewerein is en dat ons nie in 'n gebroke wêreld kan aanspraak maak dat dit met ons net altyd goed gaan nie,  maar so ook kan ons nie aanneem dat die Here iemand straf as dit sleg gaan nie.
Wees wys!
Ondersteun met liefde en nie met oordeel in jou hart nie.

Here help ons om te besef, anders as Job se vriende, dat net deur U genade is daar enige voorspoed.
U is die Leidsman!

Archive

 2025