30 Sep 2025

Johannes 7:1-24

Min of meer die tyd van die jaar in Oktober as dit in Israel herfs is breek die Loofhuttefees aan en elke Jood was veronderstel om Jerusalem toe te gaan as pelgrim vir die fees.
Jesus het egter in Galilea bedien.
Sy broers reken toe Hy moet saam met hulle Loofhuttefees toe gaan. Hulle wou hê Hy moet ophou preek en gedink in die groot stad Jerusalem sal Hy ophou.
Hy gaan egter op Sy eie en maak van die fees gebruik om Homself te openbaar as die vervulling van die fees: die Lewende Water en die Ewige Lig!
Dit gons egter in Jerusalem oor Jesus en boonop redeneer Hy met die skrifgeleerdes en verstaan hulle nie Sy insig en kennis nie.

Here dankie dat U nie skroom om die Waarheid te bring nie mag ons ook so vrymoedig en dapper wees om die waarheid voor te hou al staan mense dit teë.
U is die Waarheid!

Archive

 2025