29 Sep 2025

Eksodus 23:1-32

Nog sosiale en morele reëls word uiteengesit vir die Israeliete en vir ons.
Ons moet net soos hulle eerbaar wandel en armes beskerm en versorg.
Die beginsels bind 'n samelewing aanmekaar.
Om nie jou rug te draai op iemand wat swaarkry nie, en 3 keer 'n jaar saam fees te vier, om nie omkoopgeld te betaal nie is alles wette om die groter samelewing beter te laat funksioneer.

As die Israeliete dit sou onderhou sou die Here hulle vyande geleidelik voor hulle uitdryf.
Die waarskuwing was egter om nie in hulle afgodery te verval nie: wat toe wel gebeur het.

Here U beginsels vir 'n samelewing werk!
Help ons om dit toe te pas!
U is ons Leier!

Archive

 2025