25 Sep 2025

Spreuke 31:1-31

Hierdie wyshede het koning Lemuel neergepen wat sy ma hom geleer het:
Dit begin oor hoe om met armes en behoeftiges te werk, maar dan beskryf dit 'n deugsame vrou.
Lemuel se ma leer hom waarna om te kyk as jy 'n vrou soek.

'n Kosbare vrou is iemand wat haar gesin versorg deur hard te werk maar ook kan besigheid doen met die wete dat sy ook haar man vereer.
Haar werksetiek, wysheid en vrygewigheid laat haar, haar man en haar huishouding versorg.

“Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word.”
‭‭SPREUKE‬ ‭31‬:‭30‬ ‭AFR83‬‬

Here dankie vir Goddelike vroue in ons lewens!
Dankie dat hulle U dien maar ook wys optree, versorg en gee!
U is soos 'n Ma vir ons ook wat ons versorg en bemoedig!

Archive

 2025