22 Sep 2025

Spreuke 30:1-33

Hierdie hoofstuk is deur Agur, seun van Jake geskryf.

Agur verheerlik die Here in die eerste 6 verse:
Hoe groot is die Here? Elke Woord van God is gelouter .

Hy vra vir die Here iets wat Paulus deur sy lewe geleer het... om in alles tevrede te wees ( Fil 4:11-13).

Hy verwonder hom oor sekere goed byvoorbeeld  die aërodinamika van voëls, miere wat instinktief kos bymekaar maak, springkane wat in formasie vlieg... die Here het selfs wysheid in diere ingebou.

Dan kom sy waarskuwing oor hoogmoed en arrogansie in vers 32: 'plaas jou hand voor jou mond' as jy tot die besef kom dat jy jouself verhoog het deur jou woorde.

Here, U is hoog en verhewe. Die Alwetende, Alwyse God wat elke aspek van hierdie aarde in perfektheid kom skep het.

Mag ons nooit roem op ons eie insigte nie. Jesus, ons kies om U die Middelpunt van ons bestaan te maak. In U vind ons ons tevredenheid.

U is ons ALLES!

Archive

 2025