21 Sep 2025

Johannes 5:24-47

Jesus bespreek hier Sy verhouding met die Vader aan die wat Hom beskuldig van lastering.

In Sy gesprek maak Hy selfs Sy liefde bekend aan die wat vyandig is met Hom en Sy begeerte dat hulle gered sal word (34). Hulle probleem is egter dat hulle Hom nie glo nie en gladnie Sy offer tot redding wil aanvaar nie (40).

Hulle het Johannes die Doper geglo, maar nie vir Jesus van Wie Johannes getuig het nie. Hulle deursoek die geskrifte maar mis die Ware Jesus wat voor hulle staan.

Here, open ons oë dat ons U mag sien. Dankie dat U Lig vir ons gebring het. Ons kies om U te glo, om U Woord ons eie te maak... om U te volg.

U is ons Lewe!

Archive

 2025