17 Sep 2025

Exodus 20:1-26

Vers 1-17 is die verbondswette wat die Here vir Moses en die volk gegee het. Jesus gee spesifieke voorbeelde hoe Sy lering hierdie wette kom vervul in die Nuwe Testament in Matt 5:21-37.

V18-26: Uit vrees vir die Here is die volk te bang om nader te kom toe Hy met hulle praat, maar Moses het in die Here se teenwoordigheid ingegaan en met Hom gesels.

 Here, vandag kyk ons diep in ons harte en besef dat ons nooit hierdie wette almal, altyd kan nakom nie.  Jesus dankie dat U aan die kruis gesterf het vir elke keer wat ons sondig. Dankie vir hierdie riglyne sodat ons ons harte op U weë kan rig.

Dankie Vader dat ons vandag met vrymoedigheid in U troonkamer kan ingaan soos Moses, sonder enige vrees.

Laat U aangesig oor ons skyn vandag! Ons verheerlik U in ons lewens.

U is ń God van orde en geregtigheid.
U is ons Redder!

Archive

 2025