14 Sep 2025

Eksodus 19:1-25

Die Here ontmoet die volk by Sinai!
Hy wil die hele volk van Israel priesters en verteenwoordigers van Hom maak vir al die nasies.

“As julle dan nou getrou luister na my stem en my verbond nakom, dan sal julle onder al die volke my persoonlike eiendom wees, al behoort die hele aarde aan My.”
‭‭Eksodus‬ ‭19‬:‭5‬ ‭AFR20‬‬

Hulle stuur egter vir Moses want toe die Here op Sinai afdaal toe is dit skrikwekkend.
Die Here gebruik toe vir Moses om met die volk te praat.

Here dankie dat U nou U Heilige Gees in ons gee om met ons te praat en dat elkeen van ons U kan hoor soos Moses U gehoor het!
U is ons Verbonds-God!

Archive

 2025