12 Sep 2025

Johannes 4:27-42

Die Samaritaanse vrou met 'n reputasie word na haar bekering 'n wonderlike evangelis vir haar eie dorp!
Sy lei haar omgewing se mense letterlik na Jesus toe.
Haar veranderde lewe moes haar bure baie ge-impakteer het.
Hulle almal gaan soek die Profeet en nooi Jesus en Sy manne om daar oor te bly vir 2 dae! (Dit was ongehoord en godsdienstig onrein om by samaritane aan huis te gaan, wat nog van oorslaap!)

Hier begin 'n kerk wat later in Handelinge 8 ook deur Phillips, Johannes en Petrus bedien word!

Die hoogtepunt is toe die mense van die dorp sê: “Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het Hom self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is. ”
‭‭Johannes‬ ‭4‬:‭42‬ ‭

Here dankie dat U omgee vir mense: dit is U Kos!
U is die Verlosser van die wêreld!

Archive

 2025