9 Sep 2025

Johannes 4:1-26

“God is Gees, en wie Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. ””
‭‭Johannes‬ ‭4‬:‭24‬ ‭AFR20‬‬

Die Lewende Water vra vir 'n Samaritaanse vrou by 'n put vir water!
Dit open die gesprek om by haar diepste soeke na liefde, identiteit en aanbidding uit te kom!
Jesus vertel vir die vrou wat te skaam was om saam met ander vroue vroeg water te skep en eerder in die middel van die dag kom, haar verlede en sy besef dat ten spyte van hulle etniese, kulturele en godsdienstige verskille Hy die Messias is!

Here dankie dat U die norme en sosiale reëls van die dag ge-igonoreer het om by die sondige vrou uit te kom!
U sal ook alles doen om by my uit te kom!
U is Genade!

Archive

 2025