8 Sep 2025

Eksodus 17:1-16

Die staf van Moses wat in 'n slang verander het, eers voor die Here en toe voor Farao, het Farao se towenaars se stawwe wat ook in slange verander het op geëet.
Die staf het Moses die  Nyl in bloed laat verander en die 10 plae aan die gang gesit.
Met die staf het Moses die Rooisee geslaan en dit het oopgemaak en toe weer terug gekeer oor Farao en sy weermag.
Met die staf slaan Moses die Rots en water kom daaruit, genoeg vir al die Israeliete.
Met die staf staan Moses tydens die geveg met die Amalekiete en hou dit soos 'n banier oor Israel.
Hulle wen met Moses se hande omhoog maar verloor as hy dit laat sak.
Aaron en Hur hou Moses se hande omhoog tot die oorwinning oor Israel se aards vyande die Amalakiete deurgevoer is!

Here U is ons staf van Geregtigheid!
U is ons Banier!
YHWH Nissi!

Archive

 2025