5 Sep 2025

Eksodus 16:1-36

Die Here voorsien vir die Israeliete kos ten spyte van hulle gekla en terug verlang na die vleispotte van Egipte.
Die Here het vir hulle brood en vleis bo-natuurlik voorsien.
In die oggend manna brood en in die aande kwartels vir vleis.
So het die Here vir Israel vir 40 jaar versorg!

Manna beteken letterlik : "Wat is dit?"
Met die Manna het die Here Israel ook geleer om die Shabbat wat Hy reeds ingestel het te heilig en op die 7de dag te rus.
Bo-natuurlik het net die 6de dag se Manna vir 2 dae nie gevrot nie.

Here dankie dat U nou nog vir elkeen van ons voorsien!
U is die Brood van die Lewe!!

Archive

 2025