2 Sep 2025

Eksodus 15:22-27

Die Israeliete begin hulle woestyn trek!
Drie dae lank kry hulle nie water in die woestyn nie tot hulle by Mara se waters kom en kamp opslaan!
Die water is egter bitter daarom noem hulle dit Mara (Hebreeus vir bitter: onthou dit is wat Naomi genoem wou word).
As Moses 'n stuk hout in die water gooi gebeur 'n wonderwerk en die water word soet.
My en jou se bitter-sonde lewens raak soet agv die Houtkruis wat in ons lewe ingegooi word!!

Hierna trek Israel verder na Elim waar daar skadu en water is.

Here dankie dat U bo-natuurlik voorsien vir ons en ons gesond hou!
U is ons Geneesheer!

Archive

 2025