27 Aug 2025

Eksodus 14:1-31

Moses lei die Israeliete uit Egipte tot aan die oewer van die Rooi see,  maar Farao besef hy het hulle slawe laat gaan en daarom sit hy met sy weermag die Israeliete agterna.

Die Egiptenare haal Israel in en nou is die Here se volk vasgekeer tussen die see en hul vyandig slawemeesters.

Die Here laat egter die wolkkolom wat hulle gelei het tussen die Israeliete en Egiptenare hang en snags is dit 'n vuurkolom!
Die oggend toe Moses sy staf oor die water uitsteek kloof dit oop en al die Israeliete kon droogvoets deurtrek.

Die Egiptenare volg hulle egter maar die Here maak die see op hulle toe en Farao met sy weermag verdrink!

Nou is Israel bevry uit en van Egipte!

Here dankie vir die "doop" van Israel en dat hulle anders was na die waterskeiding soos ons verander word na ons doop!
1 Kor. 10:1-2

U is ons Verlosser

“Die Here self sal vir julle veg. Julle moet net stil bly.””
‭‭Eksodus‬ ‭14‬:‭14‬ ‭AFR20

Archive

 2025